Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Riemtelegram" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Riemtelegram" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #31826] Wo., 28 Junie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

RIEMTELEGRAM
Louis Esterhuizen

Wie is die afwesige
koning, hy wat sy blokkie vakant
laat : Weet hy wat hy doen? Sonder
hom is die spel absurd -
Sonder oogmerk
of doelwit

Sonder hom
is die speler gekruisig
teen die sperplank van tyd
en ruimte : 'n Ruitnet van horison
en vertikale lyne waarteen hy ons
willens en wetens
verguis.

Maar hy beter onthou :
Sonder ons is die spel futiel,
staan hy kaal. Dit is immers ons
skuiwe wat hom lewend hou -

Waarom dan die slap riem,
o Heer?
Vorige onderwerp: Luister !
Volgende onderwerp: eDigbundel, stuur jou gedigte nou in!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jan. 29 09:10:12 UTC 2026